Voorskools

MODKATS VIR PEUTERS EN KLEUTERS

Laai die volledige dokument af – klik op die skakel – BEKENDSTELLINGS MODKATS PEUTERS EN KLEUTERS


Bediening aan die voorskoolse kind is so belangrik… Dis dan wanneer die gemeente ’n hegte band vorm met nuwe ouers – en hulle vir altyd behou!

family 3
Peuters en kleuters leer die mense van die gemeente ken (en die God van die gemeente) as vriendelik, hulpvaardig en opreg.
Hulle leer om te midde van die grysgrou wêreld daar buite, die ruimte van die gemeente te vertrou – hier is hulle veilig en word vir hulle
omgegee.
In hierdie jare word geloof en werklikheid so deel van mekaar dat God die fondament vorm van die outjie se lewe vorentoe!


Ons het hierdie dokument saamgestel om jou ‘n baie goeie gevoel en insig te gee van die programme (lesse) wat in Modkats Voorskools voorkom.

Hierin kan jy onder andere meer te wete kom van:

  • Hoe ons DINK oor die Voorskoolse bediening?
  • Die INHOUDSOPGAWES van Peuters (Jaar 1),  en van die Kleuters (4-5 jaar) en die (Kleuters 5-6 jaar) se programme.
  • Daar is ook voorbeelde van PROGRAMME van elkeen van die bogenoemde DRIE kategorieë
  • Plus voorbeelde van WERKKAARTE wat tydens die byeenkoms gebruik word,
  • Asook GESPREKSBLAAIE wat saam gaan huistoe.

Laai die volledige dokument af – klik op die onderstaande skakel 

BEKENDSTELLINGS MODKATS PEUTERS EN KLEUTERS

_________________________________________________________________________________________________

Advertisements

Onlangse Bydraes

Baie Welkom

Baie welkom by ons Modkats-webtuiste! MODKATS staan vir Modulêre Kategese.

Ons fokus in ons bediening op die geloofsvorming van kinders, jongmense, gesinne/families en volwassenes.

Ons uitgangspunt is: Die HELE Evangelie van Jesus Christus, vir die HELE mens, in die HELE wêreld.

Elkeen van ons is besig met ‘n geloofsreis saam met God. Maak nie saak of ons oud of jonk is nie. Geloofsvorming is Lewensvorming!

Modkats bied tot op datum vier programme aan vir die geloofsvorming van kinders, jongmense en families/gesinne in ‘n gemeente.