Motivering om te gebruik

Waarom behoort ons gemeente die Modkats-programme te gebruik?

Daar is vandag heelwat Sondagskoolmateriaal in Afrikaans. Modkats kan daarop aanspraak maak dat ons eietydse, relevante en Bybelgetroue inhoud voorsien vir die praktiese geloofs- en lewensvorming van kinders, jongmense en families.

Al die programme, vanaf Voorskools, Junior-grade (Gr 1-6) en Seniors (Gr 7-11) wil kinders, jongmense en huishoudings help om die groter Bybelse Prent van God se genadewerk te leer ken.

Die inhoud van die verskillende jaargroepe se leerstof en programme bou so op mekaar, dat die kinders en jongmense oor die bestek van 12 jaar, regtig die Bybel sinvol en sistematies leer ken.

  •  Die Voorskoolsegroep leer dat God alles gemaak het en dat Hy alles onderhou. Hy hou die kleinste diertjie in sy hand. Hy het my ook geskep (peuters 18 maande – 3 jaar). Die Kleuters leer van die Bybelse helde en heldinne (wanneer die kind in die superman en superwoman-fase is). Daar begin hy name by karakters en hulle optrede sit.
  • In die Juniorgrade-fase leer hulle van die 48 hooflyne van die Ou en die Nuwe Testament. Modkats glo dat dit die ideale tyd is om die Bybelse inhoud op ‘n relevante en bevatlike manier vir die kinders aan te leer.
  • In Graad 7 – 11 (Seniors) val die kollig op die eiesoortigheid van ons Christelike geloof met veral klem op die vraag: “Wat glo jy?”
  • Modkats skakel in by die HOOPVOLLE GESINNE Projek. Hierdie projek wil ouers en gesinne help om direk bymekaar se geloofsvorming betrokke te raak. Deur saam Kleingroepe by te woon en daarna Gesinsfeeste te hou, help hulle mekaar om hulle geloof prakties te maak.
  • Modkats is nie net kopkennis en invul-boekies nie. Modkats wil kinder- en jeugmentors help om die langer pad van dissipelskap met hulle kinders en jongmense te loop. Dit vra miskien bietjie meer tyd. Maar dit is ook baie meer bevredigend!
  • Die programme is so ontwikkel dat ENIGE gemeente dit kan doen. Maak nie saak hoe groot of klein die gemeente is nie en hoe groot of klein julle begroting is nie.
  • Ons bied jaarliks gratis opleiding aan al die kinder- en jeugmentors op ‘n sentrale plek wat eietyds en inter-aktief is.
  • Gemeentes kan ook deur middel van GRATIS telefoon-konsultasies aanpassings maak in hulle kurrikulum.
  • By Modkats is ons deeglik bewus van die belangrike plek wat ouers speel in die geloofsvorming van hulle kinders en jongmense.Ons aanbieding en materiaal is van so ‘n aard dat ouers van die begin-af (voorskools!) betrek word by die aanbiedings en program-materiaal.
Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: