Baie Welkom

Baie welkom by ons Modkatswebtuiste

MODKATS staan vir Modulêre Kategese.

Ons fokus in ons bediening op die geloofsvorming van kinders, jongmense, gesinne/families en volwassenes.

Ons uitgangspunt is: Die HELE Evangelie van Jesus Christus, vir die HELE mens, in die HELE wêreld.

Elkeen van ons besig met ‘n geloofsreis saam met God. Maak nie saak of ons oud of jonk is nie. Geloofsvorming is Lewensvorming!

Modkats bied tot op datum vier programme aan vir die geloofsvorming van kinders, jongmense en families/gesinne in ‘n gemeente.